Description

Ansela van Bengale (ook bekend as Angela/ Ansiela/ Engela), was een van elf slawe wat tussen 1652 – 1657 vanaf Batavia in die Kaap aangekom het, nadat sy uit haar Noord-Oos Indiese tuisland ontvoer is. Pieter Kemp, ‘n bevelvoerder van die skip Amersfoort, het haar aan Jan van Riebeeck verkoop om in sy huishouding te werk.

Een weergawe was dat sy as Mooi Ansiela bekend gestaan het vanweë haar uitsonderlike skoonheid. Sterker bewyse dui egter daarop dat sy eerder Maai Ansiela geheet het, wat moeder beteken in Portugeus, omdat sy ‘n baie liefdevolle, moederlike figuur was vir almal. Sy word beskryf as goedversorgde vrou, lojaal en ywerige werker en geliefd onder werkgewers. Eienskappe wat haar pad na vrylating besweer het.

In 1662, net voor Van Riebeeck uit die Kaap vertrek het, verkoop hy vir Ansela aan Abraham Gabbema vir ‘n onbekende bedrag. In 1666 word Ansela en haar drie kinders van die eerste slawe om vrygestel te word. Onder haar kinders is Anna de Koningh, wat beskryf word as ‘n “pragtige en elegante Oosterse vrou”, wat later met die “onaansienlike” Oloff Bergh sou trou. Bergh was in daardie tyd een van die rykste manne in die Kaap en daar word vermoed dat sy geld hoofsaaklik afkomstig was van skepe wat hy geplunder het. Van sy eiendomme het ingesluit die plaas De Kuilen (vandag Kuilsrivier), ‘n huis in Heerengracht en die plaas Groot Constantia, wat Anna na sy dood geërf het.

In 1667 word Ansela die tweede vrou in agt jaar om ‘n huiserf te ontvang. Dit was slegs die 41ste grond uitgawe in daardie tyd en was in Tafelvallei geleë. Die erf word in ‘n pragtige tuin omskep en haar handewerk word deur almal bewonder.

Ansela en haar seun, Pieter, word in 1668 gedoop en daardie selfde jaar trou sy met Arnoldus Willem Basson. Tussen 1670 en 1695 doop hulle hul sewe kinders en Ansela word die stammoeder van die Basson-familie in Suid-Afrika.

Na haar man se dood, erf sy ‘n aansienlike boedel bestaande uit ‘n huis en tuinerwe in Tafelvallei (vandag in die omgewing van Kloofstraat), ‘n plaas in die Drakenstein area (Nuwedorp), slawe, beeste en skape. In 1706 verkry sy ook die plaas Honswyk wat na haar afsterwe deur ene Daniël Marais uit haar boedel gekoop word vir 5000 gulden.

Ansela was ‘n vooruitstrewende en gerespekteerde lid onder die vroeë Kaapse gemeenskap en met haar afsterwe in 1720, bestaan haar boedel uit ‘n allemintige 15000 gulden.

Dit blyk dat daar gedurende 1964 grond by die plaas Honswyk gevoeg is en heet van daar af as Nantes. In 2006 word die plaas herdoop na Under Oaks.

Winery Features
Business Info
• Agter Paarl Road
Paarl
7620
South Africa

Location
Winey Features
Varietals & regions
Winemaker & Owners
• Established Date :
Other Wineries like this
Napier Winery
Bainskloof Road Wellington 7655 South Africa
Andreas Wines
Groenendal Farm Bovlei Wellington 7654 South Africa
Simonsvlei Wines
R101 Paarl - Klapmuts Road, Paarl South Africa
Nederburg Wines
Sonstraal Road, Daljosafat Paarl 7620 South Africa
Landskroon Wines
Southern Paarl Road Southern Paarl Paarl 7624 South Africa
Rhebokskloof Wine Estate
Agter Paarl, Windmeul Paarl 7623 South Africa
Location
Business Info
• Agter Paarl Road
Paarl
7620
South Africa

Varietals & regions